Pages Menu
Facebook
Categories Menu

Posted in Success Stories

One of our House Mothers Shares her Safe House Journey

This post is in Afrikaans, as it is the mother tongue of the writer. She talks about how she herself was a resident of Safe House, before transitioning into part time and then full time employment as a house mother at Safe House. Today she uses her own experience and life story to comfort and inspire the women in her care. 

 

Ek en my man het saam groot geword, ons het op dieselfde dorp gebly. Hy het weggetrek van die dorp en ek het hom baie jare later weer ontmoet en ons het uitgegaan as boyfriend en girldriend.

Ons het ons eerste kind gehad en 7 jare later het ons getrou.

Hy het altyd nee gesê ask ek wil uitgaan. Hy het amper nooit toesteming gee dat ek uit moet gaan nie. In die begin het hy my altyd gevloek en later aan het hy my begin slaan.

Dit het baie jare geneem voordat ek vir myself sê, ‘tot hier toe en nie verder nie!’.

In 2009 het ek het my skoonsus gebel en sy het gese ek moet vir ACVV bel om my te help. Die ACVV het my nie nommer van die Safe House gegee en ek het onmiddelik gebel en met die maatskaplike werker van die Safe House gepraat. Dieselfde dag was ek opgeneem in die Safe House.

Ek het ook die polisie gekontak en hulle het my man gearesteer.

In die Safe House het ek so baie geleer soos hoe om boundaries te stel vir myself. Ek het n sterker mens geword in die Safe House en het ook Christelik gegroei. Dit was ‘n 2de kans in die lewe wat ek gekry het toe ek na die Safe House gaan bly het vir 7 maande.

My man het hulp gekry en het opgehou drink. Toe ek terug gaan huis toe, was allles anders. My kinders was oop daardie stadium in graad 8 en 5 gewees.

in 2012 het ek as naweek aflos huisma gewerk by die Safe House en in 2013 was ek voltyds aangestel as huismoeder.

Die beste ding om n huisma te wees is om n ma te wees vir die vrou wat nou bly in die Safe House. Ek is daar vir elkeen wat verwerp voel en skep n diep vriendskap met elkeen wat hier inloop. Dit betenken baie vir my om terug te ploeg in die vroue.

Please follow, like and share:
Facebooktwittergoogle_plusredditpinterestlinkedinmail
468 ad